10 |
Regverdige God wat gedagtes en gevoelens deursoek, maak ’n einde aan die boosheid van die goddelose, maar ondersteun die regverdiges. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
10 |
U toets 'n mens, U weet wat hy in sy hart voel en wat hy dink, U is die Regverdige God. Asseblief, U moet die mense wat verkeerd doen, laat ophou verkeerd doen, U moet dit goed laat gaan met die mense wat reg doen. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
10 |
Maak ’n einde aan slegte mense se planne wat weier om na U te luister. Maar help hulle wat U liefhet, o God. U weet mos of mense reg leef en of hulle vertrou kan word. U tree altyd regverdig op. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
10 |
Maak 'n end aan al die bose dade van die goddelose mense. Stel tog die onskuldige in die gelyk. U wat die mens deur en deur toets, U is die regverdige God. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
10 |
Laat tog die boosheid van die goddelose mense 'n einde neem, maar bevestig U die regverdige, ja, U wat harte en niere toets, o regverdige God! |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|