8 |
In sy heilige woonplek het God gesê: “As oorwinnaar sal Ek Sigem verdeel en die vallei van Sukkot uitmeet. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
8 |
God het in sy tempel gesê: “Ek het die vyande oorwin en Ek sal juig wanneer Ek die grond van Sigem verdeel en wanneer Ek die Sukkot-vallei meet en vir mense gee. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
8 |
Daar uit die plek waar Hy aanbid word, het God vir sy kinders gesê: “Daar is baie plekke in die land wat Ek vir julle sal gee. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
8 |
God het in sy heilige woning gesê: “As oorwinnaar sal Ek Sigem verdeel en die Sukkotlaagte uitdeel! |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
8 |
God het gespreek in sy heiligdom: Ek wil jubel, Ek wil Sigem verdeel en die dal van Sukkot afmeet. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|