A A A A A
Psalms 60
7
Red ons met u krag en help ons sodat U u geliefde volk kan red.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

7
U moet nou u hand optel en ons red, U moet doen wat ons vra, sodat ons, die mense vir wie U lief is, vry kan word.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

7
Red nou al u kinders met u groot krag. U het ons lief. Red ons!
Afrikaanse Bybel DB 2006

7
Red ons deur u groot mag, en help ons, sodat hulle vir wie U liefhet, gered kan word.
Afrikaanse Bybel 1983

7
Sodat u bemindes gered mag word; verlos deur u regterhand en verhoor ons!
Afrikaanse Bybel 1933/1953