4 |
U het ons land geskud en dit oopgeskeur. Heel tog die krake, want dit stort ineen. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
4 |
U het die aarde laat skud en laat skeur, maar U moet die skeure weer heelmaak, want die aarde sal in stukke breek. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
4 |
U het die hele wêreld rondom ons uitmekaargeskud. U het ons hele lewe uitmekaar laat val. Wil U nie al die stukkende dele weer bymekaarsit nie? Maak ons weer heel. Ons is moedeloos. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
4 |
U het die land laat bewe en dit oopgekloof. Genees tog die wonde, want ons gaan tot niet. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
4 |
U het die land laat bewe, dit gekloof; genees sy breuke, want dit wankel! |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|