1 |
*** |
2 |
Mooi dinge roer my hart. My gedig dra ek voor aan die koning. My tong is soos die pen van ’n vaardige skrywer. |
3 |
U is die aantreklikste van alle mense. Minsame woorde vloei uit u mond. Daarom het God u vir altyd geseën. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
1 |
Vir die leier van die koor: Dieselfde musiek soos vir die lied oor die blomme. Van die Korag-groep. 'n Lied. 'n Lied van die liefde. |
2 |
Ek soek na mooi woorde wanneer ek my lied vir die koning sing. My tong word soos die pen van iemand wat goed kan skryf. |
3 |
Jy is mooier as ander mense en jy sê mooi dinge, daarom was God altyd goed vir jou. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
1 |
*** |
2 |
Die pragtigste woorde vloei oor my lippe. Ek lees my gedigte vir die koning. My tong is soos die pen van ’n goeie skrywer. |
3 |
U, o koning, staan uit tussen alle mense. Almal sien u mooi voorkoms raak. As u praat, kan ’n mens altyd luister. God is altyd baie goed vir u. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
1 |
Vir die koorleier: op die wysie van “Lelies”. Van die Koragiete. 'n Gedig. 'n Lied van die liefde. |
2 |
Mooi woorde roer in my hart; ek dra my gedig voor aan die koning; my tong is soos die pen van 'n vaardige skrywer. |
3 |
U is mooier as alle mense; oor u lippe vloei net vriendelike woorde, want u hele lewe lank seën God u. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
1 |
Vir die musiekleier; op die wysie van: "Lelies." Van die kinders van Korag. 'n Onderwysing. 'n Lied van die liefde. |
2 |
My hart word bewoë deur goeie woorde; ek dra my gedigte voor aangaande 'n Koning; my tong is die pen van 'n vaardige skrywer. |
3 |
U is veel skoner as die mensekinders; genade is uitgestort op u lippe; daarom het God U geseënvir ewig. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|