9 |
U klere is gegeur met mirre, aalwyn en kaneel. Uit paleise verfraai met ivoor, maak snaarinstrumente u bly. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
9 |
Al jou klere ruik soos mirre, aalwyn en kassie, en jy geniet die musiek wat uit ivoor-paleise kom. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
9 |
U klere ruik wonderlik lekker. In u paleis van ivoor luister u na mooi musiek. Dit maak u bly. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
9 |
Die geur van mirre, aalwyn en kaneel deurtrek al u klere; musiek uit u ivoorversierde paleis maak u bly. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
9 |
Al u klere is mirre en alewee en kassie; uit ivoorpaleise maak snarespel U bly. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|