8 |
U het geregtigheid lief, en haat die kwaad. Daarom het God, u God, u bo u tydgenote met vreugde-olie gesalf. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
8 |
jy is lief vir wat reg is en jy haat wat verkeerd is. Daarom het God, jou God, vir jou gesalf en vir jou meer vreugde gegee as vir ander konings. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
8 |
U hou van wat reg is en haat wat verkeerd is. Daarom het God, u God, u bo almal gekies en as koning aangestel, en almal was baie bly daaroor. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
8 |
U het die reg lief en u haat die onreg, want, verhewe wese, onder groot vreugde het u God u bo u tydgenote tot koning gesalf. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
8 |
U het geregtigheid lief en haat goddeloosheid. Daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|