1 |
Ek was bly toe hulle vir my gesê het: “Kom ons gaan na die huis van die Here.” |
2 |
Nou staan ons voete hier, binne-in jou poorte, Jerusalem. |
3 |
Jerusalem is ’n stad wat stewig gebou is, |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
1 |
'n Lied wanneer mense na die tempel gaan. Ek was bly toe mense vir my gesê het: “Kom ons gaan na die huis van die Here.” |
2 |
Jerusalem, ons het daar in jou poorte gestaan. |
3 |
Die mense het Jerusalem goed gebou, die huise staan vas teen mekaar. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
1 |
Ek was baie bly toe hulle vir my gesê het: “Kom ons gaan na die huis van die Here toe.” |
2 |
Nou staan ons hier binne-in jou, o Jerusalem. |
3 |
Jerusalem is goed gebou. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
1 |
'n Pelgrimslied. Van Dawid. Ek was bly toe hulle vir my gesê het: “Kom ons gaan na die huis van die Here toe.” |
2 |
En nou is ons hier binne-in jou, Jerusalem! |
3 |
Jerusalem is die stad wat stewig gebou is, |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
1 |
'n Bedevaartslied. Van Dawid. Ek was bly toe hulle vir my gesê het: Laat ons na die huis van die HERE gaan! |
2 |
Ons voete staan in jou poorte, o Jerusalem! |
3 |
Jerusalem wat gebou is soos 'n stad wat goed saamgevoeg is, |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|