4 |
waarheen die stamme opgaan, die stamme van die Here. Dis ’n vereiste vir Israel dat die Naam van die Here daar geprys moet word. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
4 |
Dit is die stad waarnatoe die stamme kom, die stamme van die Here. Hy het gesê die Israeliete moet daar vir Hom kom dankie sê. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
4 |
Dit is waarheen al die kinders van God kom om vir Hom baie dankie te sê. Dit is wat Hy van hulle verwag. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
4 |
waarheen die stamme kom, die stamme van die Here. Dit is 'n voorskrif vir Israel om die Naam van die Here hier te loof. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
4 |
waarheen die stamme optrek, die stamme van die HERE -- 'n voorskrif vir Israel! -- om die Naam van die HERE te loof. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|