1 |
In my nood het ek na die Here geroep en Hy het my gebed verhoor. |
2 |
Here, red my van lippe wat lieg, en van ’n tong wat mislei. |
3 |
Wat sal Hy met jou doen? Hoe sal Hy jou straf vermeerder, lasterlike tong? |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
1 |
'n Lied wanneer mense na die tempel gaan. Toe dit sleg gegaan het met my, het ek geroep en gevra dat die Here my moet help, en Hy het my geantwoord. |
2 |
Ek het gevra: “Here, U moet my red van mense wat lieg en bedrieg.” |
3 |
Julle wat vir ander mense bedrieg, weet julle hoe die Here julle sal straf? |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
1 |
Toe ek in baie groot moeilikheid was, het ek tot die Here gebid. Hy het na my geluister en my gehelp. |
2 |
Here, beskerm my asseblief teen mense wat lieg en bedrieg. |
3 |
Bedrieërs, as julle maar weet wat die Here aan julle gaan doen. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
1 |
'n Pelgrimslied. In my nood het ek na die Here geroep en Hy het my gebed verhoor. |
2 |
Red my uit die mag van leuenaars, Here, uit die mag van bedrieërs. |
3 |
Wat sal God aan jou doen, jou bedrieër? Hoe sal Hy teen jou optree? |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
1 |
'n Bedevaartslied. Ek roep die HERE aan in my benoudheid, en Hy verhoor my. |
2 |
o HERE, red my siel van die valse lippe, van die bedrieglike tong! |
3 |
Wat sal Hy jou gee of wat vir jou daaraan toevoeg, o bedrieglike tong? |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|