5 |
In my nood het ek tot die Here gebid. Die Here het my geantwoord en my bevry. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
5 |
Toe dit sleg gegaan het met my, het ek geroep en gevra dat die Here my moet help. Die Here het my geantwoord en Hy het my vrygemaak. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
5 |
Toe ek in die moeilikheid was, het ek ernstig tot die Here gebid. Die Here het na my geluister. Hy het my gehelp. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
5 |
In my nood het ek na die Here geroep, die Here het my gebed verhoor en my bevry. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
5 |
Uit die benoudheid het ek die HERE aangeroep; die HERE het my verhoor in die ruimte. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|