A A A A A
Psalms 118
15
Vreugdeliedere van redding word gesing in die tente van die regverdiges. Die Here se regterhand het roemryke dinge gedoen.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

15
Luister hoe sing die mense wat reg lewe in hulle huise, hulle sing want hulle het gewen. Die Here het sy hand opgetel en Hy het hulle gehelp, Hy het hulle laat wen.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

15
Almal wat die Here dien, is baie bly omdat Hy hulle so uit die moeilikheid help.
Afrikaanse Bybel DB 2006

15
Hoor die gejuig in die laer van die oorwinnaars: “Die Here doen kragtige dade,
Afrikaanse Bybel 1983

15
'n Stem van gejubel en van heil is in die tente van die regverdiges: die regterhand van die HERE doen kragtige dade.
Afrikaanse Bybel 1933/1953