12 |
Soos bye het hulle om my geswerm, maar soos brandende doringtakke is hulle geblus. In die Naam van die Here het ek hulle afgeweer. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
12 |
Wanneer hulle my van al die kante aanval soos bye en hulle word moeg soos doringtakke wat verbrand, dan sal ek hulle terugjaag, want die Here help my. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
12 |
Hulle het soos ’n swerm bye op my toegesak, maar hulle het verdwyn soos droë grassies wat in ’n vuur wegbrand. Die Here was by my, en ek het hulle gewen. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
12 |
Hulle het soos bye om my gepak, maar hulle het verdwyn soos doringtakke in 'n vuur. In die Naam van die Here het ek hulle aanval afgeslaan. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
12 |
Hulle het my omsingel soos bye -- hulle is uitgeblus soos 'n doringtakvuur; dit is in die Naam van die HERE dat ek hulle stukkend gekap het. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|