10 |
Al die nasies het my omsingel; in die Naam van die Here het ek hulle afgeweer. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
10 |
Wanneer baie volke my aanval van al die kante, dan sal ek hulle terugjaag, want die Here help my. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
10 |
Mense wat nie van U hou nie, het my probeer onderkry. Maar ek het hulle gewen, want die Here het my gehelp. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
10 |
Nasies het van alle kante af op my afgestorm. In die Naam van die Here het ek hulle aanval afgeslaan. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
10 |
Al die heidene het my omsingel; dit is in die Naam van die HERE dat ek hulle stukkend gekap het. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|