1 |
Dank die Here, want Hy is goed! Sy trou ken geen einde nie. |
2 |
Hulle wat deur die Here gered is, sal sê dat Hy hulle verlos het van die vyand, |
3 |
en dat Hy hulle versamel het uit baie nasies uit die ooste en die weste, uit die noorde en die suide. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
1 |
Julle moet vir die Here dankie sê, want Hy is goed, ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het. |
2 |
Die mense wat vry is, moet vertel dat die Here hulle vrygemaak het, Hy het hulle vrygemaak, hulle het nie meer swaargekry nie. |
3 |
Hy het hulle bymekaargemaak uit ander lande, uit die ooste en die weste, die noorde en die suide. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
1 |
Sê vir die Here baie dankie met al julle liedere, want Hy is goed. Ja, Hy het sy kinders altyd lief! |
2 |
Dit moet mense sê as die Here hulle uit die moeilikheid help; ja, almal wat Hy uit nood gered het, moet so sê. |
3 |
Dit maak nie saak uit watter land of van waar hulle kom nie. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
1 |
“Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie!” |
2 |
So moet die mense sê wat deur die Here bevry is, dié wat Hy uit hulle nood bevry het |
3 |
en uit baie lande versamel het, uit die ooste en die weste, die noorde en die suide. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
1 |
Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid! |
2 |
Dit moet die verlostes van die HERE sê, wat Hy uit die nood verlos het |
3 |
en uit die lande versamel het, van die ooste en die weste, van die noorde en van die see af. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|