43 |
Laat dié wat verstandig is dit ter harte neem, en hulle aandag vestig op die trou van die Here. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
43 |
Wyse mense moet oor hierdie dinge dink, hulle moet onthou dat die Here altyd weer doen wat Hy belowe het. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
43 |
As iemand die lewe wil verstaan of gelukkig wil wees, moet hy hierdie dinge ernstig opneem. Hy moet raaksien dat die Here sy kinders baie liefhet. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
43 |
Wie verstandig is, moet op hierdie dinge ag gee, hulle moet let op die Here se dade van trou. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
43 |
Wie wys is, laat hy op hierdie dinge ag gee, en laat hulle let op die goedertierenhede van die HERE. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|