A A A A A
Psalms 107
26
Die skepe is hemelwaarts geslinger en het dan weer dieptes toe getuimel. Die matrose, radeloos van vrees,
Afrikaanse Bybel NLV 2011

26
Die skepe het hoog opgegaan op die branders en dan het hulle weer afgesak in die diep water. Dit het sleg gegaan met die mense, hulle het baie bang geword.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

26
Die water slaan meters hoog bokant hulle ou skepies. Eers skiet die golwe die ou skepies hoog in die lug in op. Hulle vlieg byna tot by die wolke. Dan laat val hulle hulle tot op die bodem van die see. Die mense word baie bang.
Afrikaanse Bybel DB 2006

26
Die skepe het hemelhoog gestyg en na die dieptes afgeduik. Die bemanning was radeloos van angs
Afrikaanse Bybel 1983

26
Hulle het opgerys na die hemel, neergedaal na die dieptes -- hulle siel het vergaan van wee.
Afrikaanse Bybel 1933/1953