A A A A A
Psalms 107
21
Laat hulle die Here loof vir sy liefde, en vir al sy wonderdade aan hulle.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

21
Hulle moet vir die Here dankie sê omdat Hy doen wat Hy belowe het, omdat Hy wonderwerke doen vir mense.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

21
Nou prys hulle die Here vir sy liefde. Hulle sê vir Hom baie dankie vir die wonderlike dinge wat Hy doen.
Afrikaanse Bybel DB 2006

21
Hulle moet die Here loof vir sy troue liefde, vir sy wonderdade wat Hy aan mense doen.
Afrikaanse Bybel 1983

21
Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders;
Afrikaanse Bybel 1933/1953