A A A A A
Psalms 107
19
“Here, help ons!” het hulle geroep in hulle nood, en Hy het hulle uit al hulle ellende gered.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

19
Toe dit so sleg gaan met hulle, het hulle geroep en gevra dat die Here hulle moet help, en Hy het hulle gered, hulle het nie meer swaargekry nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

19
In hulle swaarkry het hulle die Here gevra om te help. Hy het hulle gehelp.
Afrikaanse Bybel DB 2006

19
maar in hulle nood het hulle na die Here geroep om hulp, en Hy het hulle bevry van hulle ellende.
Afrikaanse Bybel 1983

19
Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle verlos.
Afrikaanse Bybel 1933/1953