A A A A A
Psalms 107
13
“Here, help ons!” het hulle geroep toe hulle in nood was, en Hy het hulle uit al hulle ellende bevry,
Afrikaanse Bybel NLV 2011

13
Toe dit so sleg gaan met hulle, het hulle geroep en gevra dat die Here hulle moet help, en Hy het hulle gered, hulle het nie meer swaargekry nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

13
In hulle nood het hulle die Here gevra om asseblief te help. Hulle het na Hom geroep. Hy het hulle uit daardie moeilikheid bevry.
Afrikaanse Bybel DB 2006

13
Maar in hulle nood het hulle na die Here geroep om hulp, en Hy het hulle bevry van hulle ellende.
Afrikaanse Bybel 1983

13
Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle verlos.
Afrikaanse Bybel 1933/1953