12 |
Daarom het Hy hulle onderwerp deur hulle harde arbeid te laat doen; hulle het gestruikel, en daar was niemand om te help nie. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
12 |
Hulle het swak geword, want hulle moes baie hard werk, en wanneer een van hulle geval het, dan het niemand hom gehelp nie. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
12 |
Hy het toegelaat dat ander hulle verneder. Hy het hulle soos vloerlappe laat werk. So het alles vir hulle inmekaargeval. Daar was niemand om hulle te help nie. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
12 |
Hy het hulle laat knak onder swaarkry, hulle het inmekaar gesak, en niemand het gehelp nie. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
12 |
het Hy hulle hart deur moeite verneder; hulle het gestruikel, en daar was geen helper nie. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|