1 |
Elifas die Temaniet het Job geantwoord: |
2 |
“Sal jy geduldig kan wees sodat ek iets vir jou kan sê? Geen mens kan stilbly nie. |
3 |
Jy het self baie mense wat moed verloor het, moed ingepraat. Jy het swakkes ondersteun. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
1 |
Elifas van die land Teman het begin praat. Hy het gesê: |
2 |
“Job, jy sal miskien nie daarvan hou dat ek vir jou iets probeer sê nie. Maar ek kan nie stilbly nie. |
3 |
Luister na my, jy het vir baie mense geleer hoe hulle moet lewe, jy het mense wat moedeloos was, weer sterk gemaak, |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
1 |
Toe het Elifas, wat van Teman af kom, Job geantwoord: |
2 |
“Sal jy geduldig met my wees en my toelaat om te praat? ’n Mens kan nie eintlik jou mond hou nie, weet jy! |
3 |
Jy het self al baie mense geleer en reggehelp. Jy het ook al mense wat moedeloos was, gehelp om weer moed te skep. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
1 |
Toe sê Elifas die Temaniet: |
2 |
“Sal dit jou vermoei as iemand met jou redeneer? Ek kan nie stilbly nie. |
3 |
Jy het self baie mense reggehelp en dié wat moed verloor het, het jy weer moed ingepraat. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
1 |
Toe antwoord Âlifas, die Temaniet, en sê: |
2 |
As 'n mens dit met 'n woord by jou waag, sal jy ontstemd wees? Maar woorde inhou -- wie kan dit? |
3 |
Kyk, jy het baie mense tereggewys en slap hande versterk. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|