A A A A A
Job 28
5
Die aarde waaruit brood voortkom, word diep onder oopgebreek met vuur.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

5
Kos groei uit die aarde bo hulle, maar onder die aarde verwoes hulle alles, dit lyk of daar 'n vuur was.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

5
Graan groei in die grond en op die ou einde word dit brood wat mense eet. Maar onder die aarde gebruik hulle vuur om die rotse te breek en te smelt.
Afrikaanse Bybel DB 2006

5
Die aarde waaruit die voedsel kom, word daar onder oopgebreek met vuur.
Afrikaanse Bybel 1983

5
Die aarde -- daar kom brood uit voort, maar daaronder word dit omgewoel soos deur vuur.
Afrikaanse Bybel 1933/1953