A A A A A
Job 28
28
Dit is wat Hy vir die mensdom sê: ‘Om die Here te dien is ware wysheid. Om die kwaad te vermy is ware insig.’”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

28
En toe het Hy vir die mense gesê: Wysheid is om die Here te respekteer en te dien. As jy verstandig wil wees, dan moet jy nie verkeerd doen nie.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

28
Die Here het toe vir die mensdom gesê: ‘Om vir die Here ontsag te hê en Hom te respekteer is om regtig wys te wees. Om slegte goed uit te los is om regtig insig te hê.’”
Afrikaanse Bybel DB 2006

28
En Hy het vir die mens gesê: Om die Here te dien, dit is wysheid, om die kwaad te vermy, dit is insig.”
Afrikaanse Bybel 1983

28
Maar aan die mens het Hy gesê: Kyk, die vrees van die HERE is wysheid; en om van die kwaad af te wyk, is verstand.
Afrikaanse Bybel 1933/1953