A A A A A
Job 28
27
Nadat Hy dit alles gedoen het, het Hy wysheid gesien en dit afgemeet. Hy het dit gevestig en deeglik getoets.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

27
toe het Hy die wysheid gesien en Hy het daaroor gepraat, Hy het gesê hoe dit moet wees, en Hy het nog meer gedoen, Hy het die wysheid ook getoets.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

27
Toe Hy dit alles klaar gedoen het, het Hy wysheid raakgesien en gekyk wat sy werd is. Hy het wysheid deeglik ondersoek en haar toe goedgekeur.
Afrikaanse Bybel DB 2006

27
toe het Hy die wysheid gesien en daarvan vertel, toe het Hy dit vasgestel en deurvors.
Afrikaanse Bybel 1983

27
toe het Hy die wysheid gesien en dit verkondig; Hy het dit opgestel en dit ook deurvors.
Afrikaanse Bybel 1933/1953