21 |
Dit is weggesteek. Geen lewende wese kan dit sien nie. Selfs die voëls in die lug kan dit nie bespeur nie. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
21 |
Niks wat lewe, kan die wysheid sien nie, ook nie die voëls in die lug nie. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
21 |
Dit is weggesteek vir die mense van die aarde. Hulle kan dit net nie sien nie. Dit is selfs vir die voëls in die lug weggesteek. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
21 |
Dit is verborge vir al wat lewe, weggesteek selfs vir die voëls in die lug. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
21 |
Ja, dit is verborge vir die oë van alles wat leef, en weggesteek vir die voëls van die hemel. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|