A A A A A
Job 24
1
“Waarom het die Almagtige nie ’n dag van afrekening vir die kwaaddoener nie? Waarom wag die regverdige tevergeefs op Hom?
2
Bose mense steel grond deur grenslyne te verskuif. Hulle steel skape en laat hulle wei op hulle eie weiveld.
3
Hulle vat selfs donkies van die weeskind. Hulle vat die weduwee se bees as borg.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
Job het gesê: “Hoekom besluit die Allerhoogste God nie wanneer Hy wil oordeel nie? Hoekom moet die mense wat Hom ken, aanhou wag vir daardie tyd?
2
Mense vat ander mense se grond, hulle steel skape en bokke en laat hulle wei saam met hulle eie diere.
3
Hulle vat die weeskind se donkie, hulle hou die weduwee se bees vir hulleself omdat die weduwee geld skuld vir hulle.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
“Hoekom sê die Here nie presies wanneer dit tyd gaan wees om met mense af te reken nie? Want selfs die mense wat Hom ken, weet nie wanneer dit gaan gebeur nie.
2
Hierdie slegte mense vat ander mense se grond deur die landmerke te verskuif. Hulle steel ander se vee en laat hulle tussen hulle eie vee wei.
3
Hulle vat sommer ’n weeskind se donkie af. Of hulle vat ’n weduwee se bees as waarborg vir die geld wat sy hulle skuld.
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
“Waarom stel die Almagtige nie tye vas vir afrekening nie? Waarom moet dié wat Hom ken, tevergeefs uitsien na sulke dae?
2
Mense verskuif grenslyne, hulle steel troppe vee en laat hulle by hulle eie vee wei,
3
hulle vat die weeskind se donkie en lê beslag op die bees van die weduwee,
Afrikaanse Bybel 1983

1
Waarom het die Almagtige vir Hom geen geregstye voorbehou nie, en sien die wat Hom ken, nie sy geregsdae nie?
2
Grenslyne verlê hulle; 'n trop vee roof hulle en laat dit wei.
3
Die esel van die wese dryf hulle weg, die bees van die weduwee neem hulle as pand.
Afrikaanse Bybel 1933/1953