9 |
Weeskinders word weggeruk van die bors waaraan hulle drink. Die baba van die arme word as borg vir skuld geneem. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
9 |
Mense gryp die arm mense se kinders uit hulle ma’s se arms, hulle maak die arm mense se kinders hulle slawe. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
9 |
“Daar is misdadigers wat ’n weduwee se suigelingbaba steel. Party ryk mense sal arm mense se kind vat omdat hulle in die skuld is by hulle. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
9 |
Die weeskind word weggeruk van die bors waaraan hy drink, die armes word vir skuld verpand. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
9 |
Hulle ruk die weeskind van die bors af; en wat die arme aan het, verpand hulle. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|