A A A A A
Job 24
22
God sleep die sterkes weg deur sy mag. Al is hulle gevestig, hulle het geen sekerheid in die lewe nie.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

22
Maar God is sterker as sterk mense. Wanneer Hy besluit om iets te doen, dan kan die mens wat slegte dinge doen, nie aanhou lewe nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

22
“Maar die Here is baie sterk. Hy raak ontslae van die vername mense. Hulle dink dalk dat hulle uitgestyg het, maar hulle lewe is nie seker nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

22
Maar God onderwerp die sterkes deur sy mag; as Hy optree, het hulle geen sekerheid meer in die lewe nie.
Afrikaanse Bybel 1983

22
Tog laat Hy deur sy krag die magtiges lank lewe; hy wat al van sy lewe nie seker was nie, staan weer op.
Afrikaanse Bybel 1933/1953