13 |
“Kwaaddoeners kom in opstand teen die lig. Hulle wil niks te doen hê met wat in die lig gebeur nie. Hulle loop nie op sy pad nie. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
13 |
“Slegte mense hou nie van die lig nie, hulle wil nie hê dat mense moet sien wat hulle doen nie. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
13 |
Job het verder gesê: “Daar is mense wat niks van die lig hou nie. Hulle wil nie doen wat in die lig aanvaarbaar is nie. Hulle doen oneerlike dinge in die geheim. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
13 |
“Daar is mense wat nie die daglig verdra nie, wat niks te doen wil hê met wat in die dag gebeur nie, wat nie van die dag se paaie hou nie: |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
13 |
Sulke mense behoort by die vyande van die lig: hulle ken nie die weë daarvan nie en bly nie op die paaie daarvan nie. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|