A A A A A
Job 24
12
“Die gekerm van sterwendes klink op uit die stad, en die gewondes roep om hulp, maar God steur Hom nie aan die skreiende onreg nie.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

12
Arm mense wat sterf, kla en huil in die stad, hulle het baie seerplekke en hulle skree en vra dat God hulle moet help, maar God luister nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

12
’n Mens kan die gekreun van mense in die stede hoor. Daar is ook mense wat gewond is wat roep dat iemand hulle moet kom help. Maar die Here steur Hom nie aan hierdie mense se gebede nie.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

12
In die stad kerm die sterwendes, dié wat aangerand is, roep om hulp, maar God slaan nie ag op die onreg nie.”
Afrikaanse Bybel 1983

12
Uit die stad kerm die manne, en die siel van die gewondes roep om hulp; tog gee God geen ag op die ongerymdheid daarvan nie.
Afrikaanse Bybel 1933/1953