1 |
Job het weer gepraat: |
2 |
“Ek kla vandag nog steeds bitterlik. Ek probeer om nie hard te kreun nie. |
3 |
As ek maar net geweet het waar om God te vind, sou ek na sy troon gaan. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
1 |
Job het weer gepraat. Hy het gesê: |
2 |
“Ek is nog hardkoppig, ek wil aanhou kla, ek sal nie ophou nie. |
3 |
As ek weet waar ek vir God kan kry, dan sal ek na Hom toe gaan waar Hy is. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
1 |
Job het gereageer op wat Elifas te sê gehad het. Hy het gesê: |
2 |
“Ek wil vandag weer kla. Ek is nog steeds opstandig omdat ek swaarkry. Ek kreun van swaarkry. |
3 |
Ek wens ek het geweet waar om God in die hande te kry. Ek sou na Hom toe gegaan het waar Hy ook al is. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
1 |
Toe het Job weer gepraat: |
2 |
“Ek kla nog steeds uit opstandigheid, ek kan nie ophou kla nie. |
3 |
As ek maar geweet het waar om God te vind, sou ek na sy woonplek toe gaan |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
1 |
Maar Job het geantwoord en gesê: |
2 |
Nog altyd geld my geklaag as wederstrewigheid; my hand lê swaar op my gesug. |
3 |
Ag, as ek maar geweet het waar ek Hom kon vind, maar kon kom tot by sy woning! |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|