A A A A A
Job 12
1
Job het weer gepraat:
2
“Julle weet regtig alles, nè? Wanneer julle sterf, sal al die wysheid daarmee heen wees!
3
Wel, ek weet ook ’n paar dinge. Julle weet niks meer as ek nie. Wie weet nie hierdie dinge wat julle nou kwytraak nie?
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
Job het geantwoord, hy het gesê:
2
“Is dit waar, is julle nou die enigste mense wat wysheid het!
3
Ek het ook verstand soos julle, ek is nie dommer as julle nie. Almal weet die dinge wat julle sê.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
Job het geantwoord en gesê:
2
“Sjoe, maar julle is darem slim mense! As julle doodgaan, is alle kennis saam met julle daarmee heen!
3
Maar ek weet darem ook ’n paar dinge. Julle is niks beter as ek nie. Wie weet nou nie van die dinge waarvan julle praat nie?
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
Toe het Job weer gepraat:
2
“Werklik, julle is die enigste mense wat iets weet! Met julle sterf die wysheid uit!
3
Ek het ook verstand, net soos julle, ek staan nie vir julle terug nie. Wie weet nie al dié dinge nie?
Afrikaanse Bybel 1983

1
Maar Job het geantwoord en gesê:
2
Waarlik, ja, julle is die regte mense, en saam met julle sterf die wysheid uit!
3
Ook ek het verstand soos julle; ek staan nie vir julle terug nie; en wie weet sulke dinge nie?
Afrikaanse Bybel 1933/1953