A A A A A
Job 12
6
Maar selfs rowers word in vrede gelaat. Dié wat God tart, leef in veiligheid, hulle vir wie God in sy mag het.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

6
Die mense wat alles wil verwoes, woon stil en rustig, hulle is nie bekommerd nie. Die mense wat vir God kwaad maak, voel veilig, hulle dink dat hulle met God kan doen wat hulle wil.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

6
Maar daar is selfs rowers wat in rus en vrede gelaat word. En dan is daar mense wat teen God in opstand is wat steeds rustig en veilig lewe. Hulle dink dat hulle God in hulle mag het.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

6
In die huise van die rowers is daar rus, en dié wat God se toorn verwek, is veilig, dié wat meen dat hulle vir God in hulle mag het.
Afrikaanse Bybel 1983

6
Rustig staan die tente van die verwoesters, en sekerheid is die deel van hulle wat God vertoorn, van hom wat sy god in sy hand dra.
Afrikaanse Bybel 1933/1953