A A A A A
Job 12
4
“Tog lag my vriende vir my! Ek is iemand wat roep tot God en Hy antwoord my. Ek is regverdig en onskuldig, maar hulle lag vir my!
Afrikaanse Bybel NLV 2011

4
My vriende lag nou vir my. Ek het na God geroep en gevra dat Hy my moet antwoord. Ek het heeltemal reg gelewe, maar hulle lag vir my.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

4
En tog lag julle, my vriende, vir my. Die Here het my nog altyd geantwoord as ek Hom iets gevra het. Ek is ’n eerlike mens, niemand kan iets slegs van my sê nie. Nogtans lag julle vir my.
Afrikaanse Bybel DB 2006

4
“Ek is 'n grap vir my vriende, en dít iemand wat tot God roep en van Hom antwoord kry. 'n Regverdige, 'n vrome wat 'n grap is!
Afrikaanse Bybel 1983

4
Ek moet 'n belagging wees vir my vriend, ek wat God aangeroep en verhoring gevind het -- 'n belagging is die regverdige, die opregte!
Afrikaanse Bybel 1933/1953