15 |
As Hy die reën terughou, word die aarde ’n woestyn. As Hy die waters loslaat, verspoel die hele wêreld. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
15 |
Wanneer Hy dit nie laat reën nie, dan is dit droog. Wanneer Hy reën stuur, dan verander die aarde. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
15 |
As Hy keer dat dit reën, is daar droogte. En as Hy dit laat reën, verspoel alles weer. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
15 |
As Hy die water terughou, verdroog alles, as Hy dit laat losbreek, vernietig dit die aarde. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
15 |
Kyk, Hy hou die waters terug, en hulle verdroog; ook laat Hy hulle los, en hulle keer die aarde om. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|