14 |
Wat Hy vernietig, kan nie herbou word nie. As Hy op jou toeslaan, is daar geen ontsnapping nie. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
14 |
Wanneer Hy afbreek, dan kan niemand bou nie. Wanneer Hy 'n mens toesluit, dan kan niemand oopmaak nie. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
14 |
As Hy iets vernietig het, kan dit nie weer opgebou word nie. As Hy iemand gevang het, is die kans om te ontsnap net mooi nul. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
14 |
As Hy afbreek, kan niemand opbou nie, as Hy gevange neem, kan niemand vrylaat nie. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
14 |
Kyk, Hy breek af, en daar word nie opgebou nie; Hy sluit 'n man as gevangene op, en daar word nie oopgemaak nie. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|