A A A A A

Ester 5

6
Terwyl hulle besig was om wyn te drink, vra die koning vir Ester: “Wat is jou versoek? Jy sal dit kry. Wat het jy nodig? Al is dit ook die helfte van my koninkryk wat jy nodig het, sal ek dit vir jou gee.”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

6
Terwyl hulle wyn gedrink het, het die koning weer vir Ester gesê: “Ek sal vir jou alles gee wat jy wil vra, ek sal doen wat jy wil hê, ook as jy die helfte van die lande vra waaroor ek regeer.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

6
Terwyl hulle besig was om wyn te drink, vra die koning weer vir Ester: “Wat kan ek vir jou doen? Sê vir my wat jy wil hê en jy kan dit kry, al is dit ook die helfte van my koninkryk.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

6
Terwyl hulle wyn drink, vra die koning vir Ester: “Wat is dit wat jy wil vra? Dit sal vir jou gegee word. Wat is jou versoek? Al is dit ook die helfte van my koninkryk, dit sal toegestaan word.”
Afrikaanse Bybel 1983

6
En terwyl hulle wyn drink, sê die koning vir Ester: Wat is jou bede? -- dit sal jou toegestaan word. En wat is jou versoek? Al was dit ook die helfte van die koninkryk -- daaraan sal voldoen word.
Afrikaanse Bybel 1933/1953