A A A A A

Ester 5

2
Die koning was bly toe hy koningin Ester daar in die voorhof sien staan. Hy het die goue septer wat in sy hand was, na haar toe uitgesteek om haar te verwelkom. Ester het nadergekom en aan die punt van die septer gevat.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

2
Toe die koning vir koningin Ester daar op die oop stuk grond sien staan, was hy dadelik vriendelik met haar. Hy het 'n goue septer in sy hand gehad, en hy het dit na haar toe uitgesteek. Sy het nader gekom en aan die punt van die septer geraak.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

2
Toe hy koningin Ester daar in die voorportaal sien staan, was hy so oorrompel deur haar skoonheid dat hy dadelik sy goue septer na haar toe uitgesteek het. Ester het toe nader gekom en aan die punt van die septer geraak.
Afrikaanse Bybel DB 2006

2
Toe hy koningin Ester in die voorhof sien staan, het sy hom so bekoor dat hy die goue septer wat in sy hand was, na haar toe uitgesteek het. Ester het nader gekom en die punt van die septer aangeraak.
Afrikaanse Bybel 1983

2
En net toe die koning koningin Ester in die voorhof sien staan, het sy genade in sy oë gevind; en die koning het die goue septer wat in sy hand was, na Ester uitgesteek; en Ester het nader gekom en die punt van die septer aangeraak.
Afrikaanse Bybel 1933/1953