4 |
Die fees het 180 dae lank aangehou, terwyl die koning gespog het met die rykdom van sy koninkryk en al die prag en praal daarvan. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
4 |
Die koning wou vir hulle wys dat hy 'n ryk en belangrike koning is. Die fees het 180 dae lank aangehou. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
4 |
Ses maande lank het hy met sy rykdom en indrukwekkende koninkryk gespog. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
4 |
By dié geleentheid het die koning al die rykdom waarmee sy koninkryk kon spog, al die prag en praal daarvan, honderd en tagtig dae lank vertoon. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
4 |
waarby hy die rykdom van sy koninklike heerlikheid en die skitterende prag van sy grootheid baie dae, honderd en tagtig dae lank, vertoon het. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|