13 |
Hy het met sy verstandige raadgewers gepraat. Hulle het die gebruike en gewoontes, die wet en die reg geken. Die koning het hulle altyd geraadpleeg. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
13 |
Hy het gepraat met die slim mense wat vir hom gehelp het om te besluit, want die koning het altyd vir die mense wat die wette geken het, gevra wat hy moet doen. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
13 |
Hy het toe, soos sy gebruik in moeilike situasies was, raad gevra by sy adviseurs wat al die Persiese wette en gebruike geken het. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
13 |
en het raad gevra by sy adviseurs wat geweet het hoe en wanneer om op te tree, want dit was gebruiklik dat die koning die kenners van wet en reg sou raadpleeg. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
13 |
En die koning het aan die wyse manne, die kenners van die tye, gesê -- want so word die sake van die koning aan al die kenners van wet en reg voorgelê; |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|