12 |
Toe koningin Vasti by die amptenare hoor wat die koning sê, het sy geweier om te kom. Die koning het baie kwaad geword. Hy het gekook van woede. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
12 |
Maar koningin Vasti wou nie kom toe die koning haar laat roep het nie, en die koning het kwaad geword, baie kwaad. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
12 |
Toe die beamptes vir koningin Vasti gaan sê dat sy na die koning toe moet kom, het sy geweier. Dit het die koning woedend gemaak. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
12 |
Koningin Vasti het egter geweier om te kom soos die koning haar deur sy paleisbeamptes beveel het. Toe het die koning baie kwaad geword. Hy was woedend |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
12 |
Maar koningin Vasti het geweier om te kom op die bevel van die koning deur middel van die hofdienaars aan haar oorgebring. Toe het die koning baie kwaad geword, en sy woede het in hom ontvlam. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|