A A A A A
Ester 1
1
Hierdie dinge het gebeur in die tyd van Ahasveros, wat koning was oor 127 provinsies wat gestrek het van Indië af tot by Etiopië.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
Dit was in die tyd toe Ahasveros koning was. Hierdie koning Ahasveros was koning van 127 provinsies, van die land Indië tot by die land Kus.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
[1-2] Die volgende verhaal het in die tyd van koning Ahasveros van Persië afgespeel. Uit sy paleis in Susan het hy oor 127 provinsies regeer, wat gestrek het van Indië af tot by Etiopië.
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
Dit was in die tyd van Ahasveros. Hy het geregeer oor 'n ryk van honderd sewe en twintig provinsies wat gestrek het van Indië af tot by Kus.
Afrikaanse Bybel 1983

1
En in die dae van Ahasv,ros -- dit is die Ahasv,ros wat geregeer het van Indië af tot by Kus, honderd sewe en twintig provinsies --
Afrikaanse Bybel 1933/1953