A A A A A
Esra 4
9
Rehum die goewerneur en Simsai het die koning namens al hulle medewerkers gegroet. Dit was namens die regters en die plaaslike leiers, die amptenare uit Persië, die Babiloniërs en ook die mense uit Erek en Susan, dit is Elam.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

9
Dit was die hoof-amptenaar Regum en die sekretaris Simsai wat die brief geskryf het saam met die regters en die ander amptenare, mense van die stede Erek, Babel en Susan in die land Elam,
Afrikaanse Bybel ABA 2007

9
Dié brief is geskryf onder die naam van die goewerneur Regum, die sekretaris Simsai en hulle kollegas, asook die ander amptenare uit Persië, Ereg, Babel en die Elamiete in Susan
Afrikaanse Bybel DB 2006

9
Die skrywe was in die naam van die hoofamptenaar Regum, die sekretaris Simsai en die res van hulle bondgenote, die regters, die goewerneurs, die amptenare uit Persië, Erek, Babel en Susan, dit is Elam,
Afrikaanse Bybel 1983

9
Rehum, die bevelhebber, en Simsai, die skrywer, en hulle ander partygenote, die Dina‹ete, die Afarsatgiete, die Tarpeliete, die Afarsiete, die Arkewiete, die Babiloniërs, die Susangiete, naamlik die Elamiete,
Afrikaanse Bybel 1933/1953