A A A A A
Esra 4
8
Die brief is deur die goewerneur Regum en Simsai die sekretaris geskryf met die doel om koning Artasasta oor die omstandighede in Jerusalem in te lig.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

8
Die hoof-amptenaar Regum en die sekretaris Simsai het ook vir koning Ahasveros 'n brief geskryf en slegte dinge gesê van Jerusalem.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

8
Regum, die man wat die Perse as goewerneur vir die gebied aangestel het om dit vir hulle te regeer, en sy sekretaris wat sy skryfwerk doen, het ook vir Artasasta ’n brief geskryf oor Jerusalem.
Afrikaanse Bybel DB 2006

8
Later het die hoofamptenaar Regum en die sekretaris Simsai 'n skrywe teen Jerusalem aan koning Artasasta gerig.
Afrikaanse Bybel 1983

8
Rehum, die bevelhebber, en Simsai, die skrywer, het 'n brief geskrywe teen Jerusalem aan Artas sta, die koning, van die volgende inhoud:
Afrikaanse Bybel 1933/1953