A A A A A
Esra 4
6
In die tyd toe Ahasveros koning geword het, het die teenstanders van Juda ’n brief geskryf waarin hulle die inwoners van Juda en Jerusalem aangekla het.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

6
En toe Ahasveros koning word, het hulle 'n brief geskryf en hulle het die mense van Juda en Jerusalem beskuldig.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

6
Jare later, toe Ahasveros so pas koning geword het, het hulle onmiddellik by hom gaan kla. Hulle het ’n klag teen die nuwe intrekkers van Juda en Jerusalem neergeskryf en dit vir die nuwe koning gaan gee.
Afrikaanse Bybel DB 2006

6
Aan die begin van die regering van Ahasveros het hulle selfs 'n geskrewe klag teen die inwoners van Juda en Jerusalem ingedien.
Afrikaanse Bybel 1983

6
En onder die regering van Ahasv,ros, in die begin van sy regering, het hulle 'n aanklag geskrywe teen die inwoners van Juda en Jerusalem.
Afrikaanse Bybel 1933/1953