24 |
Die werk aan die tempel van God in Jerusalem is toe gestop. Alles het net so bly lê tot in die tweede jaar van koning Darius van Persië se regering. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
24 |
Die Judeërs het opgehou om die tempel te bou, en hulle het nie verder gebou nie tot die tweede jaar nadat Darius koning van Persië geword het. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
24 |
Die werk het toe tot stilstand gekom. Dit het net so bly lê tot in die tweede jaar wat Darius koning was. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
24 |
Die werk aan die tempel in Jerusalem is gestaak, en dit het bly lê tot die tweede regeringsjaar van koning Darius van Persië. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
24 |
Toe het die werk aan die huis van God wat in Jerusalem is, opgehou; en dit is gestaak tot op die tweede jaar van die regering van Dar¡us, die koning van Persië. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|