20 |
Magtige konings het al oor Jerusalem en die hele provinsie wes van die Eufraatrivier regeer. Hulle het groot bedrae belasting, heffings en tolgelde ontvang. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
20 |
Jerusalem het belangrike konings gehad wat oor die hele Wes-Eufraat regeer het. Die mense moes belasting betaal aan die konings. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
20 |
Jerusalem het sterk konings gehad wat oor die hele Wes-Eufraat regeer het. Hulle het belasting by die ander mense daar gevat. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
20 |
Magtige konings het oor Jerusalem geregeer en gesag uitgeoefen oor die hele Wes-Eufraat. Daar is belasting, heffing en tol aan hulle betaal. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
20 |
En magtige konings was daar oor Jerusalem wat geheers het oor die hele gebied wes van die Eufraat, en belasting, opbrings en tol is aan hulle gegee. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|