A A A A A
2 Kronieke 7
21
En hoewel hierdie tempel nou indrukwekkend is, sal almal wat verbykom, verskrik wees. Hulle sal vra: ‘Hoekom het die Here sulke verskriklike dinge aan hierdie land en hierdie tempel gedoen?’
Afrikaanse Bybel NLV 2011

21
Ja, hierdie tempel wat nou so hoog is, sal elkeen laat skrik wat hier verbykom. Hy sal vra: ‘Hoekom het die Here dit gedoen? Hoekom het Hy hierdie land en hierdie tempel so gestraf?’
Afrikaanse Bybel ABA 2007

21
Die tempel wat nou so pragtig is, sal dan ’n ruïne wees en almal wat daar verbyloop, sal vra: ‘Wat het hier gebeur? Waarom het die Here dit aan sy land en sy tempel gedoen?’
Afrikaanse Bybel DB 2006

21
Ja, hoe verhewe hierdie tempel ook al was vir elke verbyganger, die verbyganger sal dan sy asem intrek en sê: ‘Waarom het die Here dit gedoen aan dié land en dié tempel?’
Afrikaanse Bybel 1983

21
En hierdie huis wat so hoog was -- elkeen wat daarlangs verbygaan, sal verstom staan en vra: Waarom het die HERE so gedoen met hierdie land en met hierdie huis?
Afrikaanse Bybel 1933/1953