16 |
want Ek het hierdie tempel gekies en dit afgesonder om vir altyd my woning te wees. My oë en my hart sal altyd daar wees. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
16 |
Ek het nou hierdie plek gekies en Ek het dit gewy sodat dit altyd aan My sal behoort. Ek sal altyd sorg vir die plek en daaraan dink. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
16 |
want Ek het nou hierdie tempel gekies. Dit sal altyd my huis wees. Ek sal altyd self hier wees. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
16 |
En nou kies Ek en heilig Ek hierdie tempel sodat my Naam altyd daar sal wees, en dit altyd my sorg en my liefde sal geniet. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
16 |
So het Ek dan nou hierdie huis verkies en geheilig, dat my Naam daar kan wees tot in ewigheid, en my oë en my hart sal altyd daar wees. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|